Wanneer 'n grondeienaar eiendom aan die regering wil verkoop, of indien die eiendom vir grondhervorming geïdentifiseer is, sal hy van 'n private waardeerder gebruik kan maak om te help in die prysonderhandelings.

Die regering sal egter die grondwaardeerder-generaal gebruik en sal nie in 'n posisie wees om meer vir die grond aan te bied as die maksimum wat die grondwaardeerder-generaal vasgestel het nie.

Indien onderhandelinge in 'n dooie punt uitloop kan die onteieningswetgewing gebruik word, wat die staat toelaat om die eiendom te beset, 'n gedeelte van die prys soos bepaal deur die grondwaardeerder-generaal te betaal, waarna 'n hofproses versoek word om te bepaal of die prys regverdig is.

LEES OOK: Onteiening sal ál meer toegepas word