Mnr. Everhard Laing, wyksraadslid van die VF-Plus, het gesê die gemeenskap het gefrustreerd geraak met die slakkegang waarteen beskikbare erwe aan hulle toegestaan word en het besluit om reg in eie hande te neem.
Die twee stukke grond, van rondom 4 ha en 10 ha, vorm deel van die Landboukollege Potchefstroom, wat onder die beheer van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling staan, en die plaaslike JB Marks-munisipaliteit. Laing sê die grond is nie geskik vir menslike nedersetting nie, want dit is turfagtige kleigrond wat gereeld onder water is.
Nadat die VF-Plus met die
departement geskakel het, is ’n klag van betreding by die plaaslike
polisiekantoor gelê. Laings sê die munisipaliteit sal na verwagting ook ’n klag
lê nadat die aangeleentheid onder die aandag van mnr. Lebo Ralekgetho,
munisipale bestuurder van die JB Marks-munisipaliteit, gebring is.
Laings sê hopelik sal daar dan binnekort ’n hofbevel uitgereik word om die onwettige besetters van die grond te verwyder. “Intussen bly ons in kontak met die polisie, terwyl die plaaslike VF-Plus LP, mnr. Fanie du Toit, van regeringsvlak af die ontwikkelinge sal monitor.
“Daar kan nie toegelaat word dat landboubedrywighede, wat ’n kern-komponent van die plaaslike ekonomie vorm, bedreig word deur roekelose en klaarblyklik polities gedrewe elemente binne die gemeenskap nie.”Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier