Moeilike landbou-omstandighede in die Oos-Kaap het só 'n nadelige impak op grondpryse in die provinsie gehad, dat pryse drasties aan die daal is.

Landbou.com het onlangs berig dat sommige boerderye in die Langkloof in die Oos-Kaap weens die droogte nie 'n druppel besproeiingswater het nie. Ander dele van die provinsie gaan ook gebuk onder die droogte.

Mnr. Johann Bornman, 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions, het tydens 'n ontleding van grondverkope van transaksies in die Oos-Kaap bevind dat grondpryse in 47% van Oos-Kaapse distrikte gedaal het. Die ontleding is gedoen op transaksies vanaf Julie verlede jaar tot Junie vanjaar vir grond wat groter as 10 ha is.

LEES OOK: Grondpryse daal, daal, daal

Skerp dalings

In dié tyd is 326 ooreenkomste in 34 distrikte gesluit, wat 196 392 ha teen R1,935 miljard behels het. Sommige distrikte het skerp dalings in grondpryse ervaar. Dit sluit in distrikte soos Cradock (20,8%), Graaff-Reinet (21,4%) en King William’s Town (19,2%).

Uit die totale ooreenkomste was 48 transaksies van kleur, 14,7% van die totaal. Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue (41), regeringsaankope van landbougrond (3) en grond verkry vir munisipale gebiede (7). In dié transaksies is 21 704 ha, oftewel 11,1%, ter sprake teen R285 miljoen. Uit die totaal was 79 (24%) transaksies vir grond kleiner as 50 ha, met die meeste (48%) vir grond groter as 300 ha.

Statistieke vir ál die provinsies is op Landbou. com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik hier.

Dit behels:

¦ Statistieke.

¦ Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.

¦ Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik.