Michael skryf: Dankie vir ‘n great site, het ‘n amazing maat ontmoet en ons gaan kyk of ons ‘n toekoms kan bou. Serkte vir almal wat nog soek. Daar wag iemand vir jou, moenie opgee nie. - 11 Desember 2015

Douwne skryf: Ek het 'n wonderlike maat ontmoet en is tans in 'n wonderlike verhouding. Ek sou nooit die man van my drome ontmoet het as dit nie vir dié blad was nie. Ek het profiele op ander soortgelyke blaaie gehad en ek kan met vrymoedigheid se dat dié blad vir my die beste was. Baie, baie dankie. - 8 September 2015

Etienne skryf: Ek wil net dankie sê – het my pasmaat hier ontmoet en ons is mal oor mekaar – soos liefde met eerste opslag. Ons gaan nog baie ver gaan en ek hoop tot trou kom. Weer eens baie dankie! - 22 September 2015

Leona skryf: Ek het iemand ontmoet hier op die site en wil graag baie dankie sê vir die geleentheid wat ek gegun was om hier te kon deel. Was wonderlik en sal hierdie platform baie sterk aanbeveel. Baie danki en voorspoed aan alle deelnemers! - 4 September 2015

Johann skryf: Baie dankie, julle het my 'n perfekte maat laat kry. Ons is gelukkig en het ons ontmoeting aan julle te danke. Hoop ander vind die geluk en vreugde wat ons gevind het. Sterkte aan al die ander mense wat nog soekend is. - 21 Augustus 2015

Eurika: Nooit gedink ek sal ooit weer ware Liefde vind nie, nooit gedink ek sou ooit “online dating” doen nie, nou ja wonderwerke gebeur wel nog! Ek’s so dankbaar ek het my sielsgenoot ontmoet. Dankie vir julle. -  23 Junie 2015

Theunis: Ek het die wonderlikste Vrou ontmoet en ons het dadelik net ‘n konneksie gehad. Om alles te kroon kom sy toe ook nog van my oorspronklike tuisdorp. Die ontmoeting was nogals senutergend, maar binne die eerste dag het dinge net in plek begin val. Ek (ons) glo dit was ‘n bestiering en die vriendskap wat gesmee is sal beslis elke dag net verder en verder groei. - 5 Julie 2015

* Klik hier om ons Opsitkers te besoek. Jy kan dit ook maklik via jou slimfoon besoek.