Honderde boere het die strate van Mookgophong gevul waar die drie verdagtes wat mnr. Alwyn van Zyl (79) na bewering in Maart op sy plaas by Badseloop vermoor het, waarskynlik in die plaaslike landdroshof om borgtog sal aansoek doen.

Volgens Netwerk24 is Van Zyl verwurg op sy bed in die plaashuis. Sy vrou, René (66), is aangerand en vasgebind, maar het die aanval oorleef.

Mnre. Tatenda Lebogang Mongwenya (32), Lyod Madumba (28) en Yaganias Saga (30), drie Zimbabwiërs, is kort ná die moord in hegtenis geneem.

Limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron
limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron
limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron
limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron
limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron
limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron
limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron
limpopo plaasaanvalle opruk
Foto verskaf deur Ian Cameron

Intussen sê mnr. Andries Opperman, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Limpopo, luidens 'n verklaring: “Hoewel dit baie hartseer omstandighede is wat ons bymekaar bring, is dit verblydend om te sien dat lede van die gemeenskap hul al meer teen plaasaanvalle verset. AfriForum sal aanhou om bewustheid oor plaasaanvalle te skep en te help om gemeenskappe teen dié misdade weerbaar te maak. As ons vandag hier uitmekaar gaan, gaan ons terug na ons buurt- en plaaswagte. Dieselfde bakkies wat vandag aan die optog deelgeneem het, moet vanaand en elke aand daarna ook saam uitgaan en patrollie ry. Ons sál saam weerstand bied teen hierdie laakbare aanslag.