Manilisi Sphuhle (26) en Luthando Ngam (31), albei van Stellenbosch, was gewapen met messe en stokke toe hulle die slagoffers oorval terwyl hulle in hul plaashuis buite Stellenbosch geslaap het. Raymond is herhaaldelik gesteek en Betty ontvoer.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het die vonnis verwelkom en gesê dit toon dat diegene wat plaasgemeenskappe aanval met die volle mag van die reg sal moet reken.

“Ons sal nie aanvalle op ons boere en plaaswerkers verdra nie. Ek sal aanhou om te verseker dat ons plaasgemeenskappe beskerm en met waardigheid hanteer word.”