Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het aan Landbou.com bevestig mnr. Doctor Vikani Ngwenya (20) is gister amptelik aangekla van die moord op die egpaar. Hy word ook aangekla van roof met verswarende omstandighede en sameswering tot roof.

Ngwenya sal op 26 Oktober saam met mnr. Siyabonga Macu, die ander verdagte in die saak, in die hof verskyn vir ’n borgtogaansoek.

Die Rafferty-egpaar is op Saterdag 29 Augustus doodgeskiet nadat aanvallers die veiligheidskameras by hul huis in Normandien buite Newcastle buite werking gestel het. Die egpaar se hond is ook geskiet.