Casp kom reeds lank onder skoot omdat dit nie die doelstellings bereik om ’n beduidende impak op die lewe van nuwe boere te maak nie. 

Die proklamasie is op 12 Julie in die Staatskoerant afgekondig.

Die kwessies wat die spesiale ondersoekeenheid moet ondersoek, vanaf 1 Maart 2017 tot ná die uitreiking van die proklamasie, iswanadministrasie rakende die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se bestuur van Casp, moontlike wanpraktyke met die toewysing of gebruik van Casp-geld, die monitering van projekte wat ingevolge Casp gefinansier is, en enige verbandhoudende ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verspilde uitgawes wat deur die departement of die staat aangegaan is wat die oorsake van die sodanige wanadministrasie insluit.

Verder moet die gebruik van Casp-geld vir die aankoop van goedere of kontraktering van dienste deur die departement of namens die departement ondersoek word. Betalings in dié verband op ’n wyse wat nie regverdig, billik, deursigtig, mededingend of kostedoeltreffend was nie, moet onder die loep geneem word.

Die toepassing van wetgewing en praktyke ten opsigte van handleidings, riglyne, praktyknotas, omsendskrywes of instruksies wat deur die nasionale tesourie uitgevaardig of deur die departement toegepas is, moet ook ondersoek word.

Enige onwettige of onbehoorlike optrede van die werknemers van die departement, toepaslike diensverskaffers of enige ander persoon of entiteit wat by die wanadministrasie van die geld betrokke kon wees, moet ook ondersoek word.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.