Almal in die landbou hoop vir goeie reën vir die droogtegeteisterde Suid-Afrika. Prof. Peet Pienaar is een van die weerkykers met wie Landbou.com gesels het oor die vooruitsigte vir reën.

Pienaar, wat homself as 'n weerwaarnemer beskryf, voorsien goeie reën vir somersaaigebied van 14 tot 16 November. “Die somersaaigebied se reënverjaardag is 23 November. Ons het dan nog altyd goeie reën gekry, maar November is ook my grootste teleurstelling vir vanjaar,” sê Pienaar. November kan dalk nie so ‘n goeie reënmaand soos vorige Novembers wees nie, maar Pienaar verwag goeie reën in Desember, veral in die middel van die maand.

Goeie reënpatroon

Pienaar verwag 'n goeie reënpatroon in die somerreëngebied vir Januarie 2017 tot in Mei, asook goeie reën in Oktober, November en Desember.

Vir die winterreënstreek meen hy goeie reënpatrone sal vanaf 25 Mei tot in Julie voorkom. Hieronder is sy weerwaarnemings vir die res van die jaar en vir 2017. Pienaar trek 'n denkbeeldige lyn van Garies, oor Beaufort-Wes tot in Port Elizabeth. Met dié lyn verdeel hy die somer- en winterreëngebiede vir doeleindes van sy voorspelling. Somerreëngebied: 2016: (2016 se voorspellings is reeds in Desember 2015 gepubliseer.)

Oktober: Reën van 16-20 Oktober.

November: Reën van 14-16 November.

Desember: Reën van 14-16 Desember.

2017:

Januarie 10: Uitstekende kans vir reën, met sterk suidooster in die Kaap. 28: Goeie reën oor wye gebied. Hael kan plek-plek voorkom.

Februarie 4: Goeie kans vir reën. 11: Reën. 28: Reën.

Maart 3-5: Goeie kans vir reën. 28: Goeie reën.

April 3: Ligte buie. 28: Goeie kans vir reën.

Mei 3: Goeie reën. 19: Goeie reën. 25: Goeie reën.

Junie 24: Reën en sneeu.

Julie 1: Kans vir reën en sneeu. 9: Koue front. 23: Reënerigheid en koue.

Augustus 7: Koud en ryp. 15: Koud en ryp. 21: Koue front.

September 16: Koue wind. 13: Wind – baie koud. 28: Reën: Lentereën.

Oktober 12: Ligte reën. 18: Reën.

November 4: Reën. 18: Reën.

Desember 3: Reën. 18: Reën.

Winterreëngebied:

2016: (2016 se voorspellings is reeds in Desember 2015 gepubliseer.)

Oktober : Ligte reën (1 Okt.) Goeie reën (16-18 Okt.) Gepaard met hoë deinings.

* November: Bewolkte weer (1 Nov.). Ligte reën (14-16 Nov.). Hoë deinings.

* Desember: Effens bewolk (1 Des.) met reën tussen 14-16 Des. Hoë deinings.

2017

Januarie 10: Ligte reën in winterreëngebied. Hoë deinings en onstuimige see. Sterk suidoostewind oor die Wes-Kaap.

Februarie 4: Sterk suidooster. 11: Ligte buie. 28: Hoë deinings en onstuimige see.

Maart 12: Bewolk, Hoë deinings, winderig. 28: Hoë deinings, winderig.

April 10: Ligte reën, hoë deinings. 11: Bewolk, met hoë deinings. 26: Ligte reën, hoë deinings.

Mei 25: Reëntyd begin in die Wes-Kaap.

Junie 9 en 24: Reën, hoë deinings, wind, sneeu en 'n koue front.

Julie 9: Reën en sneeu, onstuimige see, hoë deinings, winderig. 23: Reën en sneeu.

Augustus 7: Reën en sneeu. 15: Reën. 21: Koue, reën, hoë deinings.

September 13: Reën, wind, onstuimige see.

Oktober 12: Bewolk, wind en reën.

November 4: Bewolk.

Desember 3: Reën, hoë deinings en onstuimige see.

* Lees die artikel oor prof. Peet Pienaar wat in Landbouweekblad van 8 April 2016 gepubliseer is.