Du Plessis se pampoen, wat 601,8 kg weeg, kon nie mnr. Peet Joubert se nasionale rekord van 613 kg klop nie. Du Plessis het egter met sy inskrywing bewys aanhouer wen, want dit is nie die eerste keer dat hy aan die kompetisie deelneem nie. 

“Dit was third time lucky! Die verste wat ek vantevore in die kompetisie gekom het, was in 2017 toe ek ’n vierde plek met ’n pampoen van 300 kg behaal het. Ek het vanjaar geweet my pampoen is een van die drie grootstes, maar ek was steeds verras dat dit die grootste is.”

Du Plessis het sy reuse-pampoen gekweek met pampoensade wat van een van verlede jaar se grootste pampoene geoes is. Benewens die titel as kampioen in die reuse-pampoenkompetisie vir 2019 het hy ook R17 500 prysgeld gewen. 

Mnr. Piet Lotz en sy vrou, Elizna, van Riversdal het die tweede en derde plek behaal met pampoene wat onderskeidelik 510,6 kg en 460,8 kg weeg. Piet het verlede jaar die kompetisie gewen met ’n pampoen wat 532,4 kg geweeg het. Hulle het prysgeld van R8 000 en R4 000 ontvang. Die prysgeld is deur Shoprite en Checkers geborg.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.