Hulle benodig nog die volgende:

- Enige nie-bederfbare kruideniersware, voer, honde- en katkos.

- Mense wat saam met die konvooi wil ry of help om die goedere op te laai.

- Finansiering vir die vervoer van die skenkings, wat sowat R25 000 per vrag kos.

Mnr. Pieter du Plessis van SA Water Warriors sê alle hulp word gratis aan boere en plaaswerkers gegee. “Vrywilligers ry saam op hul eie koste en help om die skenkings uit te deel. Hulle sien presies waarheen al die skenkings gaan. Baie dankie aan almal wat al skenkings aan SA Water Warriors gemaak het.”

Besoek SA Water Warriors se Facebook-blad of kontak Pieter du Plessis by 076 844 6435 of pieterpdp@gmail.com vir nog inligting.