Mnr. Pieter du Plessis van Water Warriors sê hulle hoop om deur die uitreik sowat 150 gesinne van Wolwefontein, asook Steytlerville en Jansenville, by te staan. Skenkings, veral finansiële skenkings vir vervoerkoste, is egter op dié stadium nog nie naastenby genoeg nie.
“Op hierdie stadium sal ons nog enige skenkings wat ons wil maak, self moet aankoop. Ons groot probleem is om vervoer te kry vanaf Sannieshof in Noordwes tot by Wolwefontein. Daar is twee vragte mieliereste wat ’n boer vir ons geskenk het.”
SA Water Warriors benodig van R20 000 tot R30 000 vir die vervoer van elke vrag voer.
Du Plessis sê hoe meer daar op vervoer bestee moet word, hoe minder geld is beskikbaar om vir die boere in die gebied en hul gesinne kos te koop. “Ons kort niebederfbare produkte soos mieliemeel, rys en blikkieskos waarmee mense lank sal uitkom.”
Hy sê SA Water Warriors se finansiële state is beskikbaar vir enigiemand wat dit wil besigtig en hy reik 18A-sertifikate uit aan diegene wat finansiële skenkings maak. Besoek SA Water Warriors se Facebook-blad vir nog inligting oor hoe skenkings gemaak kan word.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier