Die organisasie het verlede week na die gemeenskap van Kenhardt in die Noord-Kaap uitgereik. Die gebied is steeds in die greep van ’n erge droogte. Sowat 850 mense, onder meer 166 boere, van Kenhardt het droogte- en humanitêre hulp ontvang danksy skenkings deur lede van die publiek en ’n paar besighede.

’n Konvooi van 32 voertuie, onder meer 9 vragmotors, het die skenkings en voer vervoer. Drie vragmotors met voerbale is na Soutrivier, sowat 150 km van Kenhardt, gestuur.Du Plessis sê die mense van Kenhardt was verbaas oor die hoeveelheid skenkings en kon nie genoeg dankie sê. “Die trane het gevloei by die boere en die vrywilligers van SA Water Warriors.”

Sowat 850 mense, onder meer 166 boere, van Kenhard
Sowat 850 mense, onder meer 166 boere, van Kenhardt het droogte- en humanitêre hulp ontvang danksy skenkings deur lede van die publiek en ’n paar besighede. Foto: Verskaf

Hy sê dié organisasie se werk sal nooit ophou nie en dat reeds aan die volgende uitreik beplan word. “Dit is ’n projek wat 365 dae van die jaar aan die gang is.”

Hy doen ’n beroep op die publiek, boere, besighede en ander instellings om aan te hou om SA Water Warriors te ondersteun. “Ons hartklop is ons vrywilligers en skenkers. Sonder hulle kan SA Water Warriors nie doen wat ons na aan die hart lê nie.”

Drie vragmotors met voerbale is ook na Soutrivier,
Drie vragmotors met voerbale is ook na Soutrivier, sowat 150 km van Kenhardt, gestuur. Foto: Verskaf

Hy sê vervoer bly een van hul grootste uitgawes. Vervoermaatskappye wat betrokke wil raak, kan me. Shannon Michelle, SA Water Warriors se lid wat die vervoer reël, kontak.

Kontak Pieter du Plessis by 076 844 6435 vir nog inligting of besoek SA Water Warriors se Facebook-blad.