Die Parlement se grondwetlike hersieningskomitee is met die taak belas om moontlike wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet te ondersoek en aanbevelings te maak.

Daar word egter sekere voorwaardes aan die wysigings gekoppel. Die ANC wil hê dat die wysigings landbouproduksie en voedselsekerheid moet verbeter en nie die ekonomie skade berokken nie.

Diegene wat mondelings kommentaar wil lewer, moet ook voor hierdie sluitingsdatum versoek om dit te doen.

Die komitee het tot 30 Augustus vanjaar tyd om aan die Parlement terugvoer te gee oor die kwessie.

Pres. Cyril Ramaphosa het verskeie kere aangedui dat die terugbesorging van grond aan voorheen benadeelde landsburgers met die grootste sorg hanteer sal word. “Ons sal ons grondherverdelingsprogram versnel om die erge geskiedkundige ongeregtigheid aan te pak, meer produsente na die landbousektor te bring en meer grond vir bewerking beskikbaar te maak.”

Ramaphosa het ook aangedui dat die Regering ’n omvattende benadering sal volg waar alle meganismes tot sy beskikking gebruik sal word, insluitend die onteiening van grond sonder vergoeding, soos wat voorgestel word in die resolusies wat op die ANC se 54ste nasionale kongres geneem is.

Navrae en geskrewe kommentaar kan aan me. Pat Jayiya gestuur word by e-pos pjayiya@parliament.gov.za.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.