Die Mike Loutfie-stigting help as deel van Agri SA en Yara Africa Fertilizer se voedselprojek in vennootskap met die RSA-markagentgroep om gesonde kospakkies te verkry, verpak en versprei.
Die gemeenskappe waar die kospakkies versprei sal word, is reeds geïdentifiseer. Die Mike Loutfie-stigting en Agri Noordwes sal die verspreiding van die vars produkte bemiddel.
Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê verskeie gemeenskappe in die provinsie ervaar hongersnood weens die impak van die Covid-19-maatreëls en swak ekonomiese omstandighede.“Die voedselhulp is noodsaaklik vir baie behoeftige mense. Agri Noordwes is baie dankbaar vir al die skenkers en almal wat met die logistiek vir die verspreiding van die kos gehelp het.”
Me. Zani Kunz, hoofdirekteur van die Mike Loutfie-stigting, sê die organisasie is trots om deel van Agri SA en Yara Africa Fertilizer se voedselprojek te wees en om saam met Agri Noordwes en die RSA-markagentgroep behoeftige gemeenskappe by te staan.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier