Amper die helfte van die Wes-Kaap se distrikte toon dalings in grondpryse vir die periode Junie verlede jaar tot Mei vanjaar.

Dit is gebaseer op ’n ontleding van grondverkope in Suid-Afrika is van transaksies vir grond wat groter as 10 ha. Altesame 611 ooreenkomste is in 27 distrikte gesluit, wat 299 764 ha teen R5,720 miljard behels het.

In 13 van die distrikte is dalende prysneigings waargeneem, hoofsaaklik in die wynland, die suide en oostelike deel van die provinsie. Distrikte wat veral hewige dalings beleef het, is Bredasdorp (15,3%), Vanrhynsdorp (20,4%) Tulbagh (7,6%) en Albertinia (20,8%).

LEES: Meer oor grondpryse in Suid-Afrika.

Goeie nuus ook

Dit was egter nie net slegte nuus nie. In sommige distrikte is daar stewige stygings in grondpryse. Grondeienaars in distrikte soos Calitzdorp (17%), Oudtshoorn (10,2%) Prins Albert (16,3%) en Worcester (13%) kan rustig slaap oor pryse in hulle distrikte.

Daar was 40 transaksies van kleur – 6,5% van die totaal. Dié soort transaksie sluit in verhandelings tussen individue (27), regeringsaankope van landbougrond (4) en grond wat vir stedelike ontwikkeling verkry is (2).

Dié proses het 13 228 ha (4,4% van die totaal) teen R298 miljoen (5,2% van die totale waarde) behels. Uit die totaal was 198 (32,4%) transaksies vir grond kleiner as 50 ha en 188 (31%) vir grond groter as 300 ha.

Statistieke vir ál die provinsies is op Landbou. com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik hier:

Dit behels:

¦ Statistieke.

¦ Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.

¦ Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik.

* Johann Bornman is ’n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.

grond