Die sonneblom is byna drie keer die hoogte van 'n gewone kamp se draad. Foto: Verskaf
Mnr. Johan Meyer (jr) staan met die sonneblom by 'n vragmotor om die uitsonderlike lengte daarvan aan te dui. Foto: Verskaf
Mnr. Johan Meyer (sr) staan bo-op die stroper om aan te dui hoe hoog die sonneblom staan. Foto: Verskaf

Me. Mardine Meyer van die plaas Leeufontein in die distrik Hartebeesfontein in Noordwes sê terwyl hulle die afgelope naweek besig was om te oes, het haar skoonpa, mnr. Johan Meyer (sr.), op ’n sonneblom afgekom wat 4 m hoog staan. “Dit is die eerste keer dat ons so groot sonneblom op die plaas teëkom,” sê sy.

Drie geslagte van Meyers boer al 45 jaar lank op die plaas.

“Ons het ’n baie moeilike planttyd gehad met baie wisselvallige reën, maar steeds haal ons bogemiddelde sonneblom- en mielie-oeste af. Ons is baie dankbaar daaroor,” sê Mardine. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.