Boonop is dié kalender vandeesweek beskikbaar – jy kry ’n gratis kalender saam met 8 Desember se uitgawe.

Die kalender is in ’n volkleur A4-formaat, bied ’n jaaroorsig en ook die belangrikste landboudatums vir elke maand.

Van oor die hele land is foto’s van Suid-Afrikaanse plaastonele ingestuur.

Die volgende lesers se foto’s is gebruik: Jooste Myburgh, Amanda Brink, Chrismari van der Westhuizen, Lucinda van Deventer, Renette Kleinhans, Stephano Haarhoff, Hugolese Muller, Roy van der Westhuizen, Erika Meyer, Diana Pieterse, Bertus Hanekom, Christiaan Wessels, Ilze Coetzee en Willem Anton Nel.

Maak seker jy kry dié week jou Landbouweekblad-kalender.