Hy bedryf dié stoetery reeds die afgelope 18 jaar en het dit tot een van die top-Brangus-kuddes in die land opgebou.

Hierdie kudde het volpunte vir volledigheid van prestasie-rekordhouding behaal en is in 2014, 2015, 2016, 2017 en 2018 deur die Brangus-genootskap as die ras se beste kudde in Suid-Afrika aangewys. Die kudde se gemiddelde tussenkalfperiode is 370 dae, met ’n gemiddelde speensyfer van 97,3%. Jong bulle word aan veldbultoetse onderwerp voordat hulle gebruik of verkoop word.

Die ander finaliste in die kompetisie was mnre. Riaan Theron, RAT Brahmane, Koppies (wat as die naaswenner aangewys is); Johan en Heinrich Haveman (met Gert Brits as kuddebestuurder), Santarust Santa Gertrudis-stoetery, Delareyville (wat die derde plek behaal het); Chris Richter, Richter Simbra-stoetery, Bloemfontein; Lourens Muller, GerLou Simbra-stoetery, Petrus Steyn/Lindley; en dr. Pieter de Kock, Pronk Afrikaner-stoetery, Thabazimbi.

breedplan
landbouweekblad logo
molatek logo

Mnr. Andile Msibi, eienaar van die Msibi Brangus-stoetery by Heilbron, is as die Rooivleisprodusente-organisasie se Opkomende Teler van die Jaar bekroon. Hy word die afgelope drie jaar deur Van der Merwe gementor en boer met sowat 250 vroulike diere.

’n Simmentalerbul, L 17-47, van me. Bianca Lueese, Lichtenstein Simmentaler-stoetery, Windhoek, Namibië, is in die afdeling vir onvoorbereide bulle as die Sparta Jongbul van die Jaar aangewys. Die naaswenner is die Simbrabul WW 18-228B van mnr. Werner en me. Dagmar Wilckens, W. Wilckens-stoetery, Ondeka, Namibië.

In die afdeling vir voorbereide bulle is DJW 17-0029 as die Sparta Jongbul van die Jaar bekroon. Hy behoort aan me. Amy Williams Scotston, Consort Sata Gertrudis-stoetery, Barberton. Die bul wat tweede geplaas is, is SW 18-30 van mnr. Helgard Truter, Sleewijk Brangus-stoetery, Bloemfontein.

Die raswenners vir die Zoetis Beproefde Bul van die Jaar is:

Brangus: UN 11-11, mnr. Kosie en me. Rene Smith, Smith-Brang-stoetery; Braford: M 10-62, mnr. Ralf Rodewald, Rodewald-boerdery; Brahman: HBS 09-36, mnr. Sydney Hunt, Hunt Brahman-stoetery; Limousin: LR 15-56, mnr. AJ du Toit, La Rhone-stoetery; Santa Gertrudis: VV 10-0040, me. Tina de Jager, Valley-Venture-stoetery; Simbra: HB 08-57B, mnr. Thorsten Scholtz, Rubeus-stoetery; Simmentaler: PN 11-357, mnr. Edward Barry, Four-Feet-stoetery.