Illovo sê in ’n verklaring die mense vra ’n duur voorafbetaling voor die bedrieglike “werwingsproses” afgehandel kan word.

“Bedrieërs nader individue in persoon, telefonies en deur verskeie nie-amptelike e-posplatforms en webdomeine wat geensins bande het met Illovo Sugar South Africa of sy houermaatskappy Illovo Sugar Africa nie,” lui die verklaring.

“Ons maan lede van die publiek om versigtig te wees vir enige potensiële werksaanbiedinge, veral dié wat geldelike transaksies of aansoekgeld vereis. Let asseblief daarop dat ons nooit kontant sal vra en ook nie kontantbetalings sal insamel wat gepaardgaan met ons aanstellings- of werwingsprosesse nie.”

Enigeen wat onseker is of ’n werkgeleentheid by dié maatskappy geldig is, moet die maatskappy by abc@illovo.co.za kontak.

Volg op

Illovo sê voorts die maatskappy werk saam met die owerhede om dié praktyk stop te sit en die skuldiges te vervolg.

Hy doen ’n beroep op lede van die publiek om enige verdagte aktiwiteite of advertensies by die polisie aan te meld en moedig slagoffers van die bedrogspul aan om ’n formele klagte by hul naaste polisiekantoor te lê.

“Diegene wat op soek is na geldige werkgeleenthede word versoek om hul CV’s deur Illovo se amptelike kanale in te gee, by www.illovosugarafrica.com/