Een van die kameras wat vir waarneming by een van die Rogge Cloof-landgoed se damme opgerig is, dui aan dat die kwik vroegoggend tot -5 °C gedaal het. Me. Corlia Janse van Rensburg van die landgoed sê die sneeu het sowat 1 cm dik gelê. “Op 1 en 2 Julie het sowat 30 cm sneeu geval.”

Al is die sneeuval dié keer heelwat minder, is hulle steeds baie dankbaar vir enige vogtigheid. “Ons is baie dankbaar dat ons sedert Januarie vanjaar 120,5 mm reën hier op die plaas gemeet het,” sê Van Rensburg. Volgens Van Rensburg se rekords het baie ligte sneeu ook die aand van 14 Julie op die plaas voorgekom. “Ons het buite gestaan saam met gaste toe sagte sneeu vir seker net twee minute geval het. Ek twyfel of die sneeu die grondoppervlak gehaal het voordat dit gesmelt het, maar ons was baie opgewonde oor die vogtigheid.”

Intussen gaan die Gift of the Givers se projek voort om 200 boorgate in die distrik te boor. Die liefdadigheidsorganisasie het dié projek onderneem nadat talle boorgate in die distrik opgedroog het met die distrik wat al langer as vyf jaar onder ’n droogte gebuk gaan.

Foto: Thea Koen/Starry Night self catering
Foto: Thea Koen/Starry Night self catering
Foto: Rogge Cloof-landgoed
Foto: Rogge Cloof-landgoed
Foto: Rogge Cloof-landgoed
Foto: Rogge Cloof-landgoed
Foto: Rogge Cloof-landgoed
Foto: Rogge Cloof-landgoed
Foto: Rogge Cloof-landgoed