Dié organisasie het die afgelope tyd verskeie skrywes hieroor tot mnr. Gillion Pudumo Mashego, Mpumalanga se LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, gerig en versoek om die aangeleentheid met hom te bespreek.

Die organisasie het tot op hede geen terugvoer op sy navrae en pogings tot samewerking gekry nie.

Halfpad tussen Groblersdal en Stoffberg verdwyn die teerpad eenvoudig. Dié pad is al meer as tien jaar bykans onbegaanbaar. Hoewel groot gedeeltes herbou is, is dele van die nuwe pad reeds weer stukkend. ’n Skerp toename in die vervoer van steenkool padlangs veroorsaak dat die pad tussen Stoffberg en Belfast byna weekliks meer slaggate kry.

Mnr. Schalk Schoeman van SAMAC sê in die provinsie se Laeveld is daar paaie wat nie meer met sedanmotors begaanbaar is nie. 

paaie mpumalanga
’n Skerp toename in die vervoer van steenkool veroorsaak dat die pad tussen Stoffberg en Belfast byna weekliks versleg. Foto: Jasper Raats
paaie mpumalanga
Die pad tussen Groblersdal en Stoffberg is al meer as tien jaar bykans onbegaanbaar. Foto: Jasper Raats