Mnr. Cobus Bester van UD Boerdery by Moorreesburg sê hulle het 25 mm re?n gekry as die vorige week se 5 mm tot 7 mm bygetel word. “Dis dubbel wat voorspel is. Ons is baie bly oor die re?n. Dit voel weer nader aan normaal.”

Die dekgewasse wat hulle voor Paasnaweek geplant het, kom nou saam met die medics op. Intussen kry hulle alles reg om einde April tot middel Mei koring te plant.

Nog ’n boer wat baie dankbaar is oor die 30 mm re?n wat hy vroeg April gekry het, is mnr. Francois Eksteen van die plaas Witvlei by Piketberg. “Ek het eers 14 mm gekry en toe 16 mm. Dis ’n lekker wegtrek. Ons hoop maar vanjaar is beter sodat ons ’n slag ons koppe kan oplig.”

Nog droog

By Swellendam is mnr. Francois Badenhorst van die plaas Jubileeskraal besig om kanola te plant. Hy het op 9 April begin plant, maar het nie Paasnaweek re?n gekry nie. “Vog is beperk en dit maak die planttoestande moeilik. Ons het gelukkig goeie ondervog. Ons hoop om ontkieming te kry met die vog wat ons deur die somer bewaar het. Dis nou hier waar goeie bedekking met materiaal en goeie bestryding van someronkruid tot sy reg kom.”

Mnr. MG Lötter van die plaas De Vlei by Caledon sê hy het Paasnaweek skaars 4 mm re?n gekry. Hy het weidings geplant, maar voel dis nog te droog om kontantgewasse te plant. Die re?n wat hulle in die somer gekry het, het die onkruid laat opkom en gehelp dat hulle voorplant-onkruidbestryding kon doen.