Dit is verbruikersvertroue, die samevoeging van verskillende tegnologieë en vennootskappe, sê mnr. Rajan Gajaria, uitvoerende vise-president van besigheidsplatforms by Corteva AgriSciemce.
Hy het op Agri SA se jaarkongres in Pretoria gesê verbruikersvertroue is ’n groot kwessie in die landbou. Verbruikers wil weet waar hulle kos vandaan kom en as dit by gewasbeskerming kom, moet seker gemaak word dat dit nie nadelig vir die omgewing is nie. “As ons dit nie doen nie, sal verbruikers ons nie vertrou nie.”
Die tweede pilaar is die samevoeging van verskillende tegnologieë. Daar is ’n magdom verskillende nuwe tegnologieë, maar die groot kwessie is hoe dit saamgevoeg kan word om van nut op ’n plaas te wees. “Tegnologie net ter wille van tegnologie is goed en wel, maar dit bied nie oplossings nie. Dit moet benut kan word om werklik waarde te hê en dit is waarop die nuwe geslag konsentreer.”
Hy het gesê Corteva bestee R15 miljoen per dag aan navorsing en ontwikkeling en soms duur dit jare om vrugte af te werp. “Ons doen dit omdat ons glo innovasie is die enigste antwoord vir volhoubare vooruitgang. Probleme moet 10 jaar vooruit geïdentifiseer word om oplossings te vind.”
Hy het gesê die saad-en-gewasbeskermingsbedryf is $100 miljard werd. Die helfte hiervan word aan gewasbeskerming bestee. Toegespitste gewasbeskerming raak al hoe belangriker deur die benutting van satelliete en hommeltuie.
Die derde pilaar is onderlinge samewerking. Een maatskappy het nooit al die antwoorde nie en almal het mekaar onderling nodig.
Hart en siel
Mnr. Kallie Schoeman van Schoemanboerdery het gesê die uitwerking van die vierde nywerheidsrevolusie bring onsekerheid mee, maar tegnologie gaan nooit die hart en siel van ’n boer kan vervang nie. “Ons werk is veilig.”
Hy het gesê die vraag is nie meer of boere daardeur ontwrig gaan word nie, maar hoe en wanneer dit elkeen gaan tref. “Mens kan tegnologiese verandering ignoreer of omhels. Daar is beslis meer voor- as nadele om daarby aan te pas.”Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier