Volgens Meintjes het Didiza in haar terugvoer oor die toekenning van hulp uit dié fonds verklaar die doelwit van die R1,2 miljard-rampfonds is om die impak van die Covid-19-pandemie teen te werk en volhoubare voedselproduksie ná die pandemie te verseker.
Uit die meer as 55 000 aansoeke om ondersteuning het die departement ongeveer 15 000 aansoeke ter waarde van R500 miljoen aan klein- en bestaansboere goedgekeur. Volgens Stats SA is die bydrae van hierdie groep boere tot die nasionale kosmandjie 1,9% van die totale mandjie.
“Didiza se verklaring dat die finansiële ondersteuning voedselproduksie moet verseker, is dus ’n blatante leuen,” sê Meintjes. “Die minister moet eerder eerlik wees en erken dat die departement bestaansboere help wat hoofsaaklik ANC-ondersteuners is. As die doelwit werklik is om voedselproduksie vir die land te verseker, moet kommersiële boere, wat vir Suid-Afrika se voedselsekerheid verantwoordelik is, ook gehelp word.”
Meintjes sê die minister moet ook baie duidelik wees oor wat die verwagte uitkomste van dié duur “stemkoopprojek” is. “Sy maak ’n groot geraas oor die bedrag wat vir die projek beskikbaar is. Mens sou verwag dat daar dan ook ekstra kos beskikbaar sal wees as gevolg van die ondersteuningspakket, maar daaroor is die minister stil.”
Landbouweekblad is steeds beskikbaar op winkelrakke, terwyl sake by https://t.co/J5CsarOmv3 en @landbouweekliks vlot verloop. Lees hier wat jou te doen staan indien jy sukkel om die tydskrif in die hande te kry én hoe jy digitaal kan lees. https://t.co/Ug6tJEMNfl
— landbou.com (@landbou) May 12, 2020
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier