As oud-vlootoffisier het hierdie boer vir hom ’n egte seeboerdery op die been gebring. Sy hoofboerdery is seegras, en daaruit kom ’n stewige inkomste. Kommandeur J.H. Wicht, wat tot ’n klompie jare gelede ’n offisier in die vloot was, wou ná sy uittrede gaan boer, maar die liefde vir die see was nog sterk. Hy het ’n plaas langs die blou waters van Saldanhabaai aangeskaf. Seegras is deesdae ’n gesogte artikel en van groot kommersiële belang.

In die winter word probleme met die droog van die gras ondervind. Die aangewese metode is dan om die gras op drade te hang sodat dit nie met die grond in aanraking kom nie.

Die gras bevat ’n stof, agar-agar, wat vir die maak van penisillien gebruik word. Dit word ook deur onder tandartse en die vervaardigers van droëselbatterye en tekstielware gebruik. ’n Voordeel van seegrasboerdery is dat daar nie geploeg, geplant en gesaai hoef te word nie. Die gras spoel eenvoudig uit. Al wat die boer moet doen, is om dit te “oes” met ’n trekker en sleepwa.

Kmdr. Wicht boer ook met skape, beeste, varke en graan.

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.