GFM vergemaklik digitale bestuur en finansiering vir kleinboere in verskeie waardekettings. ’n Nuwe funksionaliteit op die toepassing spoor boere aan om bome te plant en die aanplantings suksesvol te bestuur.

Mnr. Max Pichulik, uitvoerende hoof van GFM, sê die toepassing, wat in 2015 bekend gestel en onlangs heeltemal herontwerp is, is ontwikkel om landboubesighede in Afrika te digitaliseer en hul netwerke vir landelike kleinboere te finansier.

“Hierdie toekenning is baie belangrik vir ons span. Dit is altyd wonderlik om erkenning te kry vir die werk wat aan die platform gedoen het. Die blootstelling wat ons van die MTN-netwerk gaan ontvang, is van onskatbare waarde.”

GFM se volgende doelwit is om $4 miljoen in te samel sodat hy kleinboere in ses Afrikalande kan finansier.

Mnr. Tony Esmeraldo, besigheidshoof by Corteva Agriscience wat die prys vir beste landbou-oplossing geborg het, sê boere het ondersteuning nou meer as ooit nodig. “Tegnologie is een manier om boere by te staan ten einde hul oes te verbeter, hul hulpbronne te beskerm en hul besighede te laat groei.”