Hy is vir R1,7 miljoen aan mnr. Jaco van der Walt van Waltkon-Borane by Mookgophong verkoop. Die vorige rekord was R1 miljoen wat mnr. Ockert Werner van Model-Borane ook op ’n nasionale veiling betaal het.
QT12-30 Tarzan word allerweë as een van die beste Boranbulle in Suid-Afrika beskou. Hy is reeds verlede jaar te koop aangebied, maar is onttrek nadat Meyer gemeen het die prys kon hoër gewees het. Vanjaar het Tarzan egter loshande die hoogste prys nóg vir ’n Boranbul behaal.
Mnr. André Pieterse, besturende direkteur van Vleissentraal Bethlehem, sê die teeldierbedryf beleef tans ’n opbloeitydperk vanweë die kuddeheropboufase waardeur Suid-Afrikaanse veeboere beweeg.
“Die afgelope paar jaar se groot droogtes het daartoe gelei dat boere van hul teeldiere moes verkoop of selfs laat slag. Met die beter reënval wat boere in die somerreëngebiede vanjaar gehad het, is boere besig om kuddes te herbou, wat die vraag na goeie manlike en vroulike diere laat styg. ’n Beter mielieproduksiejaarseisoen en beter pryse dra ook daartoe by omdat die meeste graanboere ook ’n veevertakking het waarin hulle belê.”Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier