Trekkerverkope van 487 eenhede in Augustus is byna 18% minder as die 591 eenhede wat verlede jaar Augustus verkoop is. Vir die eerste agt maande van die jaar is trekkerverkope tot dusver steeds byna 7% hoër as verkope verlede jaar. 

Stroperverkope van 9 eenhede is 3 eenhede minder as die 12 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou ongeveer 7% laer as verkope verlede jaar.

Ongeag die laer verkope is die gevoel binne die landboumasjineriebedryf op die kort termyn steeds redelik optimisties sê mnr. Greg Cadman, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie (SAAMA) in sy maandelikse verslag. 

“Sodra boere klaar hul somergewasse geoes het en beplanning vir die nuwe seisoen begin, sal hulle kyk na die aankoop van nuwe toerusting, veral omdat die onlangse swak waarde van die rand uiteindelik, later in die jaar, sal lei tot hoër pryse vir toerusting.”

Ramings in die bedryf vir die 2018-kalenderjaar word gehandhaaf op  'n vlak van 6 750 tot 7 000 eenhede, of 5% tot 10% hoër as verkope in 2017.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.