Vanaf Donderdagoggend sal wydverspreide reënbuie oor die suidwestelike en westelike gedeeltes van die Wes-Kaap voorkom. Dit sal gedurende die middag en aand na die suidelike gedeeltes van die Noord-Kaap en westelike gedeeltes van die Oos-Kaap versprei.

Sterk noordwestelike winde van 50 km/h en 70 km/h word oor die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Oos-Kaap verwag, wat dit moeilik kan maak om te bestuur.

’n Tweede koue front sal op Vrydag 21 Mei verdere reën en ligte sneeu na die Wes-Kaap bring. Temperature in die binneland sal ook daal. Die koue fronte sal KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Gauteng gedurende die naweek bereik.

Die weerdiens waarsku veeboere om voorsorg te tref ten einde verliese weens die koue, nat en winderige omstandighede te verhinder.