Jy het nog net tot Sondag tyd om vir ’n opwindende bossiedag op Prieska in te skryf.

Landbouweekblad, Cavalier en Agri Prieska se bossiedag word Woensdag 21 April om 09:00 in die sala van die NG kerksaal op Prieska gehou.

Kaartjies kos R100 per persoon en sluit ’n ligte middagete in.

Bespreek en betaal jou kaartjie by:

Rekeninghouer: Media24 Tydskrifte

Bank: Nedbank

Tipe rek: Tjek

Tak: St George’s Mall

Takkode: 198765 of 100909

Rekeningnommer: 1009535234

Verwysing: Jou naam, van en selnommer

Stuur asseblief ’n bewys van betaling aan Dalene Ricketts by DRicketts@landbou.com en dui jou selfoonnommer aan sodat ons jou kan kontak om jou bespreking te bevestig.

Program

09:00 – Verwelkoming – Amelia Genis en Piet Roux

09:10 – Evaluasie van verskillende beladings op Karooveld oor meer as 30 jaar – mnr. Christiaan Harmse, Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

09:30 – Satellietnasporing van skape om weidingspatrone en gedrag te bepaal in Karooveld – mnr. Christiaan Harmse.

09:50 – Ontleding van langtermynreëndata (1917-2020) van die plaas Drielingspan tussen Prieska en Copperton. Die ontleding plaas die huidige droogte en die bossie- en grasverskuiwings in konteks – mnr. Hannes Gerber, Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

10:10 – Vraetyd

10:40 – Bekendstelling van Cavalier – mnr. Jaco van Rensburg, Cavalier.

10:50 – People, profit, planet – me. Chleo Treurnich, Cavalier.

11:10 – 11:30 POUSE (20 minute)

11:30 – Bekendstelling van bossietoepassing vir die Nama-Karoo – dr. Loraine van den Berg, Grootfontein-landbou-ontwikkelingsinstituut.

11:40 – Boere se pasgemaakte strategieë om volhoubaar te boer in ’n ekstensiewe gebied met wisselvallige reënval in ’n tyd van krimpende marges en hoër lewenskoste – mnr. Willem Symington, Agri Noord-Kaap.

12:10 – Laat elke druppel in jou veld tel en faktore wat in ag geneem moet word voordat jy veegetalle verhoog – dr. Louis du Pisani, onafhanklike konsultant.

13:20 – Vraetyd en bedankings.

14:00 – Middagete.