Ramadie is volgens Politicsweb hoofdirekteur van onderwys in Noordwes.
Die verdagtes is op Vrydag 19 Februarie in hegtenis geneem nadat 100 vermoedelik gesteelde beeste en kalwers in hul besit gevind is. Mnr. Henry Mamothame, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die verdagtes sal weer 2 Maart vir hul borgtogaansoek verskyn.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê boere in die Delareyville-omgewing het ’n private helikopter ingespan om te help soek nadat ’n stoetbul ter waarde van R120 000, asook ander beeste van 2 tot 18 Februarie by polisiekantore in Delareyville en Sannieshof as gesteel aangemeld is.
Tydens die soektog is die bul en die ander gesteelde beeste op die verdagte se plaas by Barberspan buite Delareyville opgemerk. Die bul en elf van dié beeste is aan hul eienaars terugbesorg, terwyl die res na ’n skut in Lichtenburg vir verdere ondersoek geneem is omdat daar met hul brandmerke gepeuter is.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier