’n Verbod sal vanaf 1 Februarie in werking wees vir die inbring van perde in die Wes-kaapse kontrolegebied om die provinsie se status vry van Afrika-perdesiekte (AHS) beskerm.

Vanaf 1 Februarie tot 30 Junie is die risiko hoog dat diere hierdie siekte kan kry.

Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede, sê om te voorkom dat perde in die provinsie hierdie siekte kry, sal hulle eers vir twee weke in kwarantyn gehou word voordat hulle die provinsie kan binnekom.

Die uitbreek van perdesiekte in ’n kontrolegebied kan die dood van baie perde asook uitvoer van die diere kelder. Dit kan daartoe lei dat die Europese Unie ’n twee jaar lange verbod op die land kan plaas wat tot groot finansiële verliese kan lei. Konserwatief geskat kan die perdebedryf ’n geraamde verlies van sowat R600 miljoen ly as ’n twee jaar verbod op uitvoer weens perdesiekte geplaas word.