Mnr. Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, sê Moyo het in die afgelope 24 uur uit die Ellisras-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap.

“Dr. Emslie is een van 77 mense wat sedert die begin van 2017 op plase in Suid-Afrika vermoor is. Daar was reeds vanjaar sowat 360 aanvalle op plase in die land. Ons eis dat die polisie hierdie ontsnapping moet ondersoek en antwoorde aan die publiek verskaf oor hoe só iets kon gebeur het,” sê Cameron.

Volgens AfriForum is plaasaanvalle in 2017 reeds die hoogste wat dit die afgelope vyf jaar was.

“Plaasmoorde en -aanvalle is vanjaar ook beduidend meer as in 2016 en, soos aangedui deur die Instituut vir Sekerheidstudies, was daar reeds tussen 2012 en 2016 ’n 112%-toename in aanvalle en ’n 33%-toename in moorde.”

Hy doen ’n beroep op die publiek om op die uitkyk vir die verdagte te wees en die naaste polisie in kennis te stel as hy gewaar word. AfriForum Veiligheid kan ook by veiligheid@afriforum.co.za of direk by 064 850 1639 gekontak word.