Forensiese bewyse is gebruik om die verdagte te identifiseer nadat Robinson se lyk op 31 Julie 2014 gevind is. Ondersoeke het egter bevind die verdagte het landuit gevlug.

Danksy inligting wat die publiek aan die polisie gegee het, het die polisie in Garsfontein Donderdag (30 Julie) in Brixton op die verdagte toegeslaan en hom in hegtenis geneem.

“Hierdie inhegtenisname spruit uit samewerking tussen die gemeenskap en die polisie en behoort ’n waarskuwing vir misdadigers te wees dat hulle kan vlug, maar dat die gereg hulle sal inhaal,” sê lt. genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof.

Hy sê die publiek word aangemoedig om saam met die polisie te werk aangesien hulle daarna streef om ’n sterker verhouding met gemeenskappe te bou en vertroue in die polisie te herstel. “Enige stukkie inligting kan waardevol vir ons ondersoeke wees en uiteindelik help om van die misdadigers in ons gemeenskappe ontslae te raak.”