Die vergadering volg nadat Cele die familie besoek het van mnr. Brendin Horner (21), wat onlangs op mnr. Gilly Scheepers, sy werkgewer, se plaas in die distrik Paul Roux vermoor is.

Mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, en dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou, is ook teenwoordig. Hulle sê hulle hoop nie vandag loop op “leë beloftes” uit nie.

“Ons wys die polisie al jare lank op die probleme met veiligheid en veral veediefstal in die Vrystaat, maar steeds is niks gedoen nie,” sê Buys.

“Ons wil iets sien gebeur. Almal is moeg gepraat. Senekal was ’n bewys daarvan.”

Landbou.com woon die vergadering by en sal later volledig verslag doen.

'n Opvolgberig oor die vergadering is hier beskikbaar.