Die doel hiervan is om vas te stel watter middele waar in ’n noodgeval bekom kan word sodat klein- en kommunale boere hul huidige produksiesiklus kan voltooi. In so ’n geval sal die departement koeponne vir die aankope aan goedgekeurde boere uitreik.

Dié finansiële steun sal tot R50 000 per goedgekeurde boer beperk word.

Die departement wil die gebruik van ’n middelman sover moontlik vermy. Daarom moet verskaffers wat bereid is om aan dié inisiatief deel te neem, die fisieke adres verskaf van hul besigheid se perseel waar boere aankope kan doen.

Die departement versoek dat boere op die volgende wyse ondersteun word:

  • Pluimvee: Dagoudkuikens, lêhoenders, voer, medikasie en saagsels.
  • Groente: Saailinge, kunsmis, gifstowwe en grondregstelling.
  • Vrugte: Kunsmis en gifstowwe.
  • Ander vee: Voer en medikasie.
  • Wintergraangewasse: Grondregstelling, kunsmis, saad en gifstowwe.

Verskaffers kan hul belangstelling toon deur die verkopervorm beskikbaar by www.dalrrd.gov.za teen 16:00 op 23 April te voltooi.

Die kontakbesonderhede van die onderskeie amptenare wat per provinsie gekontak kan word, is hier beskikbaar.