Mnr. Pieter van der Walt, finansiële direkteur van Vleissentraal, sê die stap is nodig omdat handelsbanke nie meer tjeks aanvaar nie. Nou word tjeks met ’n volwaardige Mastercard vervang wat soos ’n debietkaart werk waarin ’n boer se geld gedeponeer word. Die geld is onmiddellik beskikbaar en die klant kan met die kaart landwyd by enige instelling met ’n kaartmasjien goedere koop en by enige kitsbank of Nedbanktak geld onttrek. Die boer hoef nie eens ’n bankrekening te hê nie.
Groot boere met bankrekenings sal steeds hul geld deur middel van ’n elektroniese oorbetaling vanaf Vleissentraal ontvang.
Dit het ’n verdere voordeel deurdat dit veediefstal kan bekamp. In uitsonderlike gevalle kon ’n veedief nog met ’n vals identiteit vee op ’n veiling verkoop en dan met ’n tjek daar wegstap. Teen die tyd dat die handelsbank ná sowat sewe dae vasstel die tjek is ongeldig, is dit te laat en die veedief het met die geld verdwyn.
Van der Walt sê die Vleissentraalkaart is die beste opsie aangesien dit kontantverwante gevare en risiko’s uitskakel.
Die maatskappy beoog om teen einde Januarie reeds sowat 5 000 kaarte landwyd beskikbaar te hê. Die eerste veilings waar verkopers hul nuwe kaarte gaan ontvang, vind reeds hierdie week plaas.
Volgens Van der Walt is die samewerkende handelsbank Nedbank. Die kaart word op die veiling geaktiveer en daarna kan die klant sy kaart by enige veiling van Vleissentraal gebruik om sy geld te ontvang vir vee wat hy verkoop het, of om vir aankope te betaal.
Navrae: Mnr. Pieter van der Walt, 012 460 9916.Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier