Mnr. Du Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA, sê Giliomee het as ’n gas die Nampo-Oesdag op Bothaville bygewoon.

Die Bredasdorp Park NPC het verlede jaar ’n samewerkingsooreenkoms met Graan SA geteken om ’n landbou-en-nywerheidstentoonstelling op Bredasdorp van 12 tot 15 September vanjaar aan te bied.

“Niel was hier om vandag met ons oor die geleentheid te vergader, maar hy het gister gevra of ons gister al kon vergader,” vertel Wessels. 

Volgens Wessels was Giliomee 83 jaar oud. Inligting oor begrafnisreëlings is nog nie beskikbaar nie. 

Mnr. Niël Giliomee. Foto: LBW Argief