Mnr. Nicky Fourie van The Oil Shoppe in Bloemfontein werk al 14 jaar in die oliebedryf in die omgewing. Hy sê hy het die distrik nog nie so droog gesien nie. Fourie en sy vrou, Rita, het gistermiddag saam met mnr. Frans Nel, ’n vlieënier, oor Bloemfontein, Soutpan en Dealesville gevlieg. Hulle het talle landerye gesien waar niks geplant is nie. “Ek ken dit nie so droog nie. Die afgelope twee tot drie jaar het ons teen hierdie tyd al meer reën gehad, maar ek ken nie die omgewing soos dit nou lyk nie.”

Die foto's is deur Nicky en Rita Fourie geneem. Frans Nel was die vlieënier.

Mnr. Willie Haarhoff, ’n boer van die distrik Dealesville, sê talle boere in die omgewing kon nog nie een pit plant nie. “Van die boere het sonneblom probeer plant, maar die saad het weens die droogte en die hitte nie opgekom nie.”

Weiding kwyn weg

Volgens Haarhoff het hy die afgelope seisoen reënbuie van 5 mm of 6 mm per bui gehad. “Dit help die bogrond effens, maar dae daarna is dit reeds opgedroog weens die droogte en die warm temperature. Ons weiding kwyn weg. Ek weet nie wat ons in die komende winter gaan maak as dit nie reën nie.”

Haarhoff het sedert 2012 ondergemiddelde reënval aangeteken. “In 2013 en 2015 het ons nie eens die 200 mm-merk vir die jaar gehaal nie.” Sy gemiddelde reënval per jaar is sowat 480 mm.

Mielies brand dood

In die omgewing van Hertzogville hou boere se moed “net-net”, sê mnr. Gys Olivier, ’n boer van die distrik. Sterk wind en warm toestande het die mielies wat talle boere na reën vroeg in Januarie geplant het, begin verskroei.

Olivier sê hul gesaaides kort dringend reën. “Sowat 70% van ons grond is beplant, maar met die mielies is daar baie standprobleme en in sommige dele het die sonneblom glad nie opgekom nie.”

Van die boere in dis distrik wag nou vir koeler dae en reën om sonneblom te plant. “Van die boere sal nog plant tot die einde van die maand,” sê Olivier. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.