Vir vier weke gaan ons elke week ’n wenner se e-posadres lukraak trek uit die persone wat daardie week ingeteken het. Vul die vorm hier onder in om in te teken vir die nuusbrief én om vir die kompetisie in te skryf of klik hier.

Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes: Die kompetisie sal vir vier weke aangebied word, van 11 Junie 2021 tot 9 Julie 2021. Inskrywings is gratis op Landbou.com, en die betrokke deelnemer moet sy of haar naam en van, asook e-posadres op die bostaande vorm invul om op Landbou.com se weeklikse nuusbrief in te teken. Die deelnemer moet ook kennis neem dat sy of hy met die intekening aan Landbou.com en Landbouweekblad toestemming gee dat hulle in die toekoms via ons nuusbriefdiens en e-pos gekontak mag word.

Elke deelnemer sal slegs een keer kan inskryf, want jy kan slegs een keer op die nuusbrief inteken. Personeellede van Media24 en hul gesinne sal nie in aanmerking kom om deel te neem aan die kompetisie nie.

Die wenner sal op ’n Vrydag aangekondig word. Die e-posadres wat lukraak uit die week se intekeninge getrek word, sal die wenner wees.

Landbouweekblad behou die reg voor om kommentaar hieroor op ons sosialemedia-platforms te moniteer en onvanpaste taal of inhoud sal verwyder word.

Wenners sal op ons sosialemedia-platforms aangekondig word, sowel via e-pos in kennis gestel word, met ’n versoek om verdere kontakbesonderhede. Ons sal die wenner drie keer via e-pos kontak. As hy of sy na 'n week ná die eerste e-pos gestuur is nie bereik kan word met dié drie e-posse nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. 

Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Die prysgeld is nie oordraagbaar nie en mag nie vir ’n ander prys verruil word nie. Die prysgeld sal binne ’n redelike tyd (4–6 weke) aan wenners betaal word. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om die nodige besonderhede te verskaf vir die prysgeld om oorbetaal te kan word. Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore prysgeld weens ’n wenner wat nie die korrekte inligting verskaf nie.

Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.