Boere in die distrik Williston het hul dank uitgespreek vir ’n skenking van 300 sakke mielies, 2 100 sakke voerpille en kontantskenkings wat in die laaste week van Augustus gemaak is, asook nagenoeg 150 bale mieliereste, hooibale, vragte hawerpitte, hawerpitbale en hawerkafbale in die voorafgaande weke.
Mnr. Wilhelm Steenkamp, lid van die Williston-boereunie, sê nóg skenkings was teen druktyd op pad, en hulle probeer om sover moontlik die distrik se sowat 190 boere by te staan tydens die rampspoedige droogte. Hy het sedert Mei verlede jaar nog net 20 mm reën gekry.
Die distrik se gemiddelde jaarlikse reënval is 120 mm tot 150 mm. Die voer is op 30 Augustus en 2 September uitgedeel. Sommige boere moes meer as 100 km ver ry om die skenkings op te laai.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier