Du Plessis, van die Kranspan-boerdery by Ermelo, het Donderdagaand 14 Junie dié prys ontvang. Hy is dus ook Mpumalanga Landbou se kandidaat in die nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie wat jaarliks deur Agri SA en Toyota aangebied word.

Du Plessis plant mielies en sojabone en boer met Brafordbeeste. Hy bedryf die boerdery se wolskaapafdeling sodanig dat die diere elke agt maande geskeer word.

Hy en sy vrou, Adele, is ook by verskeie opheffings- en opleidingsprogramme in hul gemeenskap betrokke.