Dié onderwerp het reeds baie aandag in die media geniet. Die doel van die opname is om empiriese navorsing te doen om die impak van die Covid-19-drankverbod op die Suid-Afrikaanse wynbedryf en gevolglik ekonomie te beoordeel.

Die navorsing sluit belanghebbendes in die wynbedryf se mening in ten einde insig in die drankverbod se impak te bied.

Alle antwoorde sal vertroulik hanteer word. Dit duur 15-20 minute om die opname te voltooi. Klik hier om dit te voltooi.