Nadat daar vroeër vandeesweek in die Zimbabwiese koerant The Herald berig is dat Zambië die uitvoer van mielies na Zimbabwe opgeskort het, het die Zambiese regering dit duidelik gemaak dat hy nie ’n verbod op die uitvoer van mieliemeel na sy buurstaat ingestel het nie. Daar is wel ’n verbod op die uitvoer van mielies.

Luidens ’n berig op Lusakatimes.com het die Zambiese regering uitvoere beperk om te bepaal hoeveel graan in die land beskikbaar is. Dié land se adjunkminister van landbou, mnr. Maxas N’gonga, sê hoewel die land heel moontlik nie genoeg van ’n surplus het om mielies uit te voer nie, kan hy tans na sy eie behoeftes voorsien.

N’gonga sê die mielies wat deur Zambië se voedselreserwe-agentskap gestoor word is vir binnelandse verbruik bedoel aangesien dit met belastinggeld aangekoop word. Hy sê sy regering se verantwoordelikheid is om sy mense te voer voordat daar uitgevoer word.

Lees die volledige berig hier.

Zambia has not imposed a ban on maize meal exports to Zimbabwe