Dalk is die oplossing om grondeisers op ’n alternatiewe, konstruktiewe manier te vergoed en terselfdertyd eiendomsreg, grondpryse en die ekonomie te beskerm.
Ons moet kyk na die moontlikheid om volgens die waarde van die grond ’n verhandelbare instrument, ’n verband, ’n obligasie of ’n skuldbrief te formuleer om die bevoordeelde opsies te gee om grond, aandele in grond, plase of landboumaatskappye en selfs werktuie aan te koop.
Die uitbetalings kan ook gekoppel word aan ’n mentorskapprogram. ’n Aantreklike “voorafaanbod” van die obligasie kan aan mense wat in elk geval die kontant wil neem, dié opsie bied, wat ook van die rompslomp sal uitskakel.
’n Uitklaringsertifikaat wat sertifiseer dat die grondeise ten opsigte van ’n eiendom afgehandel is, sal die grondwaarde verhoog. Die boer kan dan onbelemmerd sy eiendom gebruik en geniet.
Adv. Hein van der Walt, Ruimsig
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier