Dit is ’n toename in waarde van 12% tot 13% per jaar. 

Dié statistiek word weergegee in ’n persverklaring van die eiendomsagentskap Harcourts. Soortgelyke stygings kom ook voor by besproeiings- en weidinggrond. Die waarde van suikerriet het teen ’n effens laer koers van 7,5% per jaar toegeneem.

Mnr. Clive Lang, landbouspesialis by Harcourts, sê daar is ’n sterk vraag na grond in KwaZulu-Natal met ’n hoë produksiepotensiaal vir gewasse wat in droëlandtoestande floreer. 

Dit sluit in gewasse soosmielies, sojabone en aartappels. Daar is ook ’n mark vir grond onder besproeiing en grond met waterregte.

Makadamia
Boerdery-bedrywighede in die provinsie is onder meer die verbouing van suikerriet langs die kus, hout, melk en kontantgewasse in die KwaZulu-Natalse Middelland. Die makadamiabedryf staan egter kop en skouers uit bo ander bedrywighede.

Van 1996 tot 2016 het die aantal makadamiabome in die provinsie van 1 miljoen tot 8 miljoen uitgebrei. Dié bome is aangeplant op sowat 28 000 ha. Dié syfer gaan na verwagting jaarliks met ’n verdere 3 900 ha uitbrei.

Hoewel goedkoop ingevoerde produkte en grondhervorming vir grondeienaars ’n probleem kan wees, blyk dit dat kommersiële boere ten spyte van dié bedreigings ’n langtermynbenadering volg en steeds in hul boerderye belê.