Die eerste lot (Luipaardskloof) bestaan uit drie aangrensende plase (168 ha, 519 ha en 340 ha) van sowat 1 027 ha en word as ’n eenheid verkoop. Die omgewing bied uitstekende omstandighede vir vee, veral skape, op saaigrond in ‘n soet, veilige, gesonde area. 

Saam met die plase word ’n vierslaapkamerhuis en vier skure aangebied. Eskomkrag is beskikbaar, drinkwater word vir diere voorsien uit die Overberg-waterskema en die plaas het 36 omheinde kampe. In totaal beslaan die plaas sowat 700 ha goeie droëlandlusern en 280 ha saailande. 

Die tweede lot (De Turon) is sowat 3 km van die eerste geleë en is ’n uitstekende veeplaas met 100 ha droëlandlusern, 100 ha saailande, 80 ha aangeplante soutbos en 16 weidingskampe.

Daar is ’n woonhuis op die plaas wat opknappingswerk nodig het. 

Die omgewing waar dié plase geleë is, is bekend om suksesvolle veeboerderye waar gars, hawer en koring gesaai word. 

Saam met die plase word onder meer die volgende diere, masjinerie en werktuie verkoop.

  • 300 pragtige Dohne-Merino-ooie (tweetand tot volbek, loop by ramme).
  • 20 Fries-kruiskalwers van sowat 180 kg elk.
  • Landcruiser 4.2D (2017; 80 000 km).
  • JD 7410 (2003).
  • MF 440 (sonder masjien).
  • JD 6620-4x4-trekker (2005).
  • Rovic RV13920X 19-ry-no-till.
  • 17-tand-Sonderendploeg.
  • 1 500 liter-Hardispuit.
  • NH CS660-stroper met 12 vt-tafel.
  • OMAB Euro Spand 733R-kunsmisstrooier.
  • Welger RP202-rondebaler.
  • Drotsky-hamermeul.

Besoek www.vanrensburgsauctions.co.za of kontak die afslaer Louis van Rensburg by 083 377 7232 of 044 878 2877 vir nog inligting.