Daar is egter talle patogene organismes, soos spesifieke bakterieë, in die spysverteringskanaal wat siektes veroorsaak as die ingewande se mikrobioom versteur word. 

Die mikrobioom 

’n Komplekse en ’n digte gemeenskap bakterieë, mikro-organismes uit die Archaea-groep, swamme, protosoë en virusse kom in die ingewande van varke voor. Die totale getal mikrobiese selle in die spysverteringstelsel van enkelmaagdiere – ook in mense – oorskry die getal gasheerselle met minstens een grootte-orde.

Mikro-organismes in die spysverteringskanaal neem van voor tot agter in getal en diversiteit toe. In varke het die maag en proksimale dunderm ’n betreklik lae voorkoms van bakterieë (10³-105 bakterieë per gram of milliliter), met oorheersende bakterieë soos Lactobacillus spp. en Streptococcus spp. In teenstelling daarmee het die distale dunderm ’n meer diverse en aansienlik groter bevolking bakterieë. 

Celmanax™ is ’n multi-komponent, natuurlike voedingsaanvulling wat verfynde funksionele koolhidrate (RFC™) bevat. Blootstelling aan besmetlike stowwe en siekte-uitbrekings wat tot die gebruik van antibiotika lei, bedreig volhoubare varkproduksie en voedselsekerheid.

Die RFC™ in Celmanax™ werk verskeie gastro-intestinale probleme teen om volhoubare prestasie en winsgewendheid te bewerkstellig. Navorsing toon dat Celmanax™ sameklewing (agglutinasie) kan voorkom. Dit werk Escherichia coli en verskeie spesies van Salmonella baie doeltreffend teen, selfs beter as sommige ander gisprodukte. Omdat Celmanax™ bakterieë verhinder om aan die dermepiteel te bind, kan dit nie in die spysverteringstelsel oorleef nie.

Die jong vark

Vrektes voor speentyd word nou verbind met varkies met ’n ligter geboortegewig. Agt studies wat reg oor die wêreld gedoen is, het getoon dat varkies se geboortegewig met gemiddeld 50 g verhoog het wanneer sôe se rantsoen gedurende dragtigheid met Celmanax™ aangevul is. Varkies van sôe wat Celmanax™ gevoer is, het in twee verskillende proewe ’n aansienlike afname in voorspeenvrektes getoon.

Pasgebore varkies ervaar gedurende die eerste paar weke verskeie stresfaktore. Aangesien hul ingewande en immuunstelsel nog ontwikkel, kan infeksies diarree veroorsaak, wat weer ’n invloed op groei het.

Lakterende sôe waarvan die rantsoen met Celmanax™ aangevul word, het ’n toename in melkkomponente en immunoglobulien in die kolostrum getoon, wat daartoe gelei het dat varkies se gemiddelde speengewig met 180 g toegeneem het. Varkies van sôe wat Celmanax™ ontvang het, het ook ’n afname van 50% in voorspeendiarree getoon.

Verhoogde vrektesyfers in afrondingsvarke het die grootste ekonomiese impak of winsgewendheid. Die sinergistiese effek van RFC™ in Celmanax™ bevorder algemene dermgesondheid en help om die immuunfunksie in varke te verhoog.

Chemunique gebruik wêreldwye kennis, wat deur plaaslike navorsing en kundigheid versterk word, om voer vir voedsel vir die toekoms te produseer.