Met moderne lewenstyle is dit soms moeilik om die nodige vitamiene en minerale uit kos te kry, wat beteken dat dit noodsaaklik is om ’n aanvulling te gebruik. Immunadue is die gewildste natuurlike multivitamien en -mineraal, immuunstimulant en antioksidant. Dit is sedert 2001 op die mark. Dit getuig van die produk se betroubaarheid en verbintenis tot gehalte en integriteit.

Wat is die verskil tussen ’n natuurlike en ’n chemiese multivitamien en -mineraal? 

’n Natuurlike multivitamien en -mineraal word deur jou liggaam as voedsel gesien, daarom is die opname daarvan soveel beter. Dit kom ook in die vorm voor soos wat die natuur dit aan jou beskikbaar sou stel. Jy sal byvoorbeeld sien dat jou urine nie geel is wanneer jy ’n natuurlike produk gebruik nie, waar wel wanneer jy ’n chemiese multivitamien neem.

Indien jy na baie van die chemiese multivitamiene se etikette kyk, sal jy sien dat die produk tot 1 000% die daaglikse aanbevole dosis van sekere vitamiene bevat. Dis 10 keer meer as wat jou liggaam nodig het. Jou liggaam gaan van hierdie oortollige vitamiene uitskei, maar dit plaas onnodige druk op jou niere. Dit kan lei tot nierstene en abnormale bloeddruk omdat jou niere nie hul primêre funksie kan verrig nie, maar van die oortollige vitamiene ontslae moet raak. 

Hoekom is dit belangrik om ’n immuunstimulant regdeur die jaar te drink?

’n Immuunstimulant beskerm jou liggaam teen virusse en bakterieë. Studies toon dat met die gebruik van ’n immuunstimulant jy jou siektetydperk met drie tot vier dae kan verkort. Daarom is dit noodsaaklik om jou immuunstelsel altyd sterk te hou en te ondersteun. In die tye waar ons leef, word jou immuunstelsel veral onder groot druk geplaas as gevolg van spanning.

Daarom is dit noodsaaklik om ’n immuunstimulant te drink, en nog beter as jou immuunstimulant terselfdertyd al jou vitamiene, minerale en aminosure verskaf en ook ’n antioksidant is. 

Watter bestanddele kan help om spanning beter te hanteer?

Immunadue bevat ’n bestanddeel genaamd kankerbossie. In kankerbossie is daar ’n aktiewe bestanddeel met die naam gaba. Gaba werk as ’n neuro-oordraagstof wat die boodskap van spanning na jou brein toe onderdruk. Dit beteken dat jou liggaam die spanning nie so intens ervaar nie.

Verder is Immunadue ook ’n volledige multivitamien en -mineraal wat die volle reeks B-vitamiene bevat. Hierdie reeks vitamiene help ook om die uitwerking van spanning op jou liggaam te beperk – daarom word jou immuunstelselnie so erg benadeel nie.

Immunadue help ook om jou pH-vlak te normaliseer. Dit het tot gevolg dat ’n hele reeks siektes en kwale ook aangepak kan word. Dit sluit probleme soos artritis, hoë cholesterol, osteoporose en jig in. Soveel voordele in een botteltjie!

Immunadue is beskikbaar by alle apteke en gesondheidswinkels, asook Dis-Chem, Clicks en Takealot. Kontak Immunadue by 012 546 8937, besoek die webblad en volg Immunadue op Facebook.